2010 07 29 DISCO DIVA


Need I say more?... Nope, let the pics tell the story!
PS: Girls, ek maak vir julle 'n CD met al die foto's op.

2010 Namibië - Damaraland



















DARRAMALAND hier kom ons!


(Ja, Francois kon nie Damarland sê nie.) Ons is eers Windhoek toe sodat JP 'n paar kliënte kon sien en toe't die vakansie begin. Swakop toe om alles reg te kry en toe DARRAMALAND!
Ons het elke oomblik geniet en die natuurskoon is onbeskryflik. Van die foto's mag dalk nie so goeie kwaliteit wees nie, maar hierdie is my memories en sommige kere moes ek sommer so in die ry deur die venster neem.


Geniet ons vakansie deur die foto's en ek hoop dit inspireer jou ook om hierdie pragtige stuk aarde te gaan besoek.





2010 05 29 Butterfly World


Francois het 'n partytjie by Butterfly world gehad en ek het die geleentheid benut om bietjie te oefen.
Kyk bietjie na die kombinasie van die labels...

2010 05 20 Durbies @ Eikestad U7/A


Nog 'n oorwinning vir Durbies! 35 - 0

2010 05 20 Durbies @ Eikestad U7/C


Durbies het gewen met 45-10!

2010 05 19 Juffrou Elri verjaar


Juffrou Elri het verjaar en die Vissieklas het dit saam met haar gevier. Hulle het 'n baie spesiale tafeldoek self vir haar gemaak as geskenk.

2010 05 17 Durbies @ Kenridge U7/A


Dit was 'n baie harde game vir al2 spanne, maar nogtans het die Durbies geseëvier!
10 - 5

2010 05 17 Durbies @ Kenridge U7/C


Moenie vra met hoeveel nie, maar die Durbies het gewen!!! Sommer met BAAAAIEE!
Het toe uitgevind, die eindtelling was 60 - 0!

2010 05 15 Opikopi 2


Nog 'n baie suksesvolle partytjie by OPIKOPI!!! Hierdie keer MET die ouers! As jy nog nie 'n partytjie daar bygewoon het nie, mis jy regtig uit. Bel sommer nou vir Sarah by 083 4583 476 om jou kind se verjaarsdagpartytjie te bespreek!

2010 05 02 MTB Fietswedren


Die MTB op wat by Rondebossieberg begin het was 'n groot sukses. In plaas van "marshall" was dit baie lekkerder om foto's te neem. My favourite is die boer met sy vellies en geskeerde beenhare wat ook deelgeneem het.

2010 05 01 U7/C Durbies @ Gene Louw


Kan nie onthou wat die eindtelling was nie, maar Durbies het gewen en kyk net hoe het die mannetjies dit geniet. Dit gaan mos maar oor "the love of the game!"

2010 03 19 Leeuwenboschfontein


Die Landy met die Thule-roofrack en die Groen Mamba wat die na die naweek die Groen Padda geword het (sien foto van die padda onder die tent) ....need I say more!

2010 03 18 Durbies Pa & Seun Krieket


Nie regtig seker of Pa's of Seuns die dag die meeste geniet het nie?!

2010 03 13 Durbies Krieket U7/B in Hermanus


Niks kon hierdie outjies se geesdrif demp nie! Nie eens die gietende reën nie!

2010 03 12 Vlooi verjaar by Gr 1A3


Vlooi het verjaar!!! en al die maatjies in Gr. 1A3 het heerlik saam met Juffrou Esté en Vlooi partytjie gehou!

2010 02 19 Graad R Atletiekdag


Durbanville Voorbereidingskool se Graad R'e het 'n heerlike atletiekdag gehad. Elke kind was 'n wenner en die ouers het dit net so baie geniet....Kyk net hoe hardloop hulle!

2010 02 05 Durbies Sokker Speletjiesdag


Die speletjies dag was vir die kinders GROOT pret...al was dit op 'n Vrydag middag en almal wou weggaan vir die naweek!

2010 02 01 Totsiens Stoffel, Hallo Snuffels


Stoffel, die grys hondjie, bly al vir jare by die Vissie-klas se leerders. Hierdie jaar het Stoffel egter begin moeg raak en Snuffels die katjie met sy pienk neusie, gaan kuier nou elke naweek by 'n maatjie.
Stoffel het nou 'n baie spesiale plekkie op die kas in die Vissie klas.

2010 01 22 Durbies Atletiek


Durbies se jaarlikse atletiekdag was 'n groot sukses! Die Ligbloues het gewen!!

2010 04 23 Gina & Arno


Arno & Gina are two very special people in my life. Arno is my baby brother and Gina his wife to be. Their love for each other made the photoshoot a fun morning. Note to myself: Look out for the cattle pooh.